Dit is belangrik om jou plante voor die winter, veral in kouer gedeeltes te bemes met organiese kunsmis soos Verte Guano organiese kunsmis. Dit sal plante beskerm soos hulle in die winter in gaan. Behandeling van plante, gras of selfs potplante sal beskerming bied om deur die winter te floreer.
Hennie Barnard
Hennie Barnard het sojas geplant en gras binne in doodgespuit met roundtop. Die kleur van die soja boontjies het goed gelyk maar die knoppie vorming op die wortels was nie goed nie. Toe die soja bone begin groei het die kleur na geel verander as gevolg van die feit dat hulle nie stikstof knoppies het nie. Die knoppies op die wortels trek stikstof uit die lug uit en voer die plant met stikstof.
Hy het eenkeer stikstof gegooi soos nodig en verder het hy 25l Verte Guano organiese kunsmis uitgespuit en daarmee saam Fulvic Suur. Hy het die kleur toe terug gekry. Hy het toe weer n bespuiting gedoen met 25l Verte Guano organiese kunsmis met 5l Fulvic Suur.
Soja bone word geplant en gras binne in doodgespuit.
Die kleur van die soja bone was verkeerd, ons het hier ons behandeling ingestel.
Stikstof is eenmaal gegooi en 2 keer Verte Guano organiese kunsmis bespuit. Hier kan ons die verskil sien.
Proef Plaas
Ons doen al vir die afgelope 8 jaar proewe met Verte Guano organiese kunsmis en ander produkte soos Fulvic Suur en humic suur op verskillende gewasse. Van die gewasse sluit in: soja boontjies, mielies, Sorghum en korring. Die uitkoms van dit is dat die gewig toename tussen 5 en 6% is, die smaak van die groen mielie verbeter en die brix inhoud verbeter wat beteken dat die hoeveelheid siektes wat jou plante kry verminder drasties. Dit gee ook groter soja boontjie pitte wat dan ‘n groter oes gee.
Leon Van Eden
Leon van Eden naby Babsfontein plant sojas met die volgende. Verte Guano organiese kunsmis gemeng met kompostee as n plant kunsmis en blaar bespuiting.
Bennie du Preez en Seuns
Bennie en seuns van Perdekop boer met mielies chemies en organies saam. Die kunsmis wat ons gebruik is chemies en organies gekombineerd. Op die foto is daar suikermielies geplant wat nog gestroop word.
Jaco Willemse
Jaco Willemse boer in Limpopo naby Dendron met tamaties. Ons doen proewe daar al vir 2 jaar op tamaties.
Die tamaties is onder drippers en die Verte Guano organiese kunsmis word deur die drippers toegedien maar ook op die blare gespuit saam met swam dooders en ander insek dooders. Dit word as ‘n blaarbespuiting toegedien sowel as n kunsmis deur die drippers. Ons produk blok nie drippers of enige ander nozzles nie. Met organiese bemesting lig ons die energie van n plant in brix % bokant 12% sodat die swamme en insekte nie die plante aanval nie. Deur dit kry ons gesonde plante wat vir ons deurgaans vir klomp maande weekliks ‘n oes lewer.